Friday, February 23, 2018

12 weke Mamma bieg...

 Weke vlieg en so die tyd! Daar dink ek kan ons nie gewoond aan raak. Dit was lank gelede...
Ek het daaraan gedink om videos te maak en familielede het dt ook gevra. So ek dink nog daaroor. Die idee klink baie handig, beter as om te skryf. Jy sit die kamera neer, sit met n koppie tee en vertel lekker hoe jou week was. Ek wou dit ook tydens my swangerskap doen. Die idee klink perfek, maar ek is n sucker vir skryf en foto's. Fotos's van alles en oor die jare heen foto's van myself. Grotendeels omdat ek besef het, hoe mooi ek is. Dit klink arrogaat, dit weet ek, maar nie so bedoel en eintlik is daar geen ander manier om dit verduidelik. Ek loop n lang pad en is 34 jaar oud. Behalwe my onbetaalbare geskenke in die lewe, is dit een van die grootste om lief te wees vir myself en myself mooi te vind. Net soos ek is en as ek make-up op doen, ook, nie meer of minder. Maar dus 2018 ek gaan soms nie die deur uit sonder n bietjie make-up. Omdat ek dit nie belangrik vind maar dit lekker is om 10 minute in die spieel te kyk en te geniet van myself. Want mense waar moet ek die tyd kry om in die spieel te kyk. Tyd kan altyd gemaak word, maaar ( in my Noord- Kaap aksent) die mens ek het dit die-tyd! Sonder make-up is ook so goed, nog beter. Robin hou van my gesig sonder make-up. Ek het n groot liefde vir sproete en vind dit jammer dat Robin alleen n bietjie op sy neus het in die Somer. Ek het self sproete en sonder en naby my, sien jy dit. So as jy dt wil sien, moet jy maar lekker kom kuier. Jy is uitgenodig! Misien help dit :)


Ek het uiteindelik weer my jeans aan maar daar is net een wat lekker sit. Met die hoop om maerder te word ( nie nodig) en dan jeans koop. Het ek opgegee en vir my twee mom- jeans gekoop. Sinds was ek nog meer verlief op my liggaam en vir nou tevrede met de klein maggie wat ek nog oorgehou het. Dit is natuurlik niks van te merk want my jeans is ipv maat 8, maat 10. n Maat groter kan wonders doen en miskien gaan ek nooit weer maat 8 dra en is dit nie nodig.

Ek het na 2x hardloop, een keer met Robin na die gym gegaan! Ek het n aafspraak met myself vanaf die begin gemaak om vanaf 1 Maart te sport en eg my liggaam die rus te gee. So ek dink op die oomblik is dit mentaal en dat ek stadig maar seker weet op rit kom daarmee. Ek is nie haastig. Ek kan nie dieet, kon nooit en let altyd op wat ek eet. Hou van lekker ete. Hou ook rekening met borsvoeding maar soms eet ek ook 5 koekies en chips vir lunch. Die dae as Roan n bietjie moeilik is en n shower is al n geskenkie...
Genoeg groete en water is die geheim.





 My vriendinne is soos my susters, elkeen speel sy eie rol in my lewe en niemand is meer belangrik as die ander. So voel ek ook oor my niggies. Die afgelope tyd het ek minder kontak en tyd met vriendinne as altyd. Vir my is dit geen probleem, ek is n bietjie n alleen uil :)
Maar ek merk dit en probeer dan ook my bes om wat my te laat hoor, veral aan my vriendinne sonder kinders, want hulle het geen idee hoe dit is om jou tyd te deel met iets so belangriks en dat jou prioriteite anders is. Maar ek probeer ook my mamma vriendinne nie af te skeep want ek weet hoe lekker dit is, deur al die drukte om van iemand te hoor en te weet iemand dink aan jou/julle. Familielede van Robin kom ok langs om Roan te sien en dit vind ek belangrik want my familie kan die rol nie speel. Ek waardeer dit. 

Sven en Reanne het in hule nuwe huis getrek. Wat was ek bly vir hulle, alleen bly hulle nie meer om die hoek maar gelukkg in dieselfde stad en nie baie ver. Dit is die eerste vriende wat Robin en ek gemeenskaplik deel. Dit voel meer as familie as vriende. Ek dink baie van julle het sulke vriende. 
Ons het met hulle gevier en ek het die geleentheid gebruik om vir die eerste keer vanaf ek weet ek was swanger ( 1-2 weke) champange en n glas rooi wyn gedrink en lekker ete. So n mooi huis, waar hulle moet oomblikke sal het, moet gevier word! 

Roan het alleen maar geslaap. So ek hoop dat hy nog baie wakker tye daar sal deur bring :) 
Op die eind was hy wakker en was dit alweer byna tyd om na huis te gaan.




  
Hoe gaan dit met nogsteeds die nuwe pappa en mamma?
We doing great! Ons lewe het kompleet vorm. Ons het n ritme en help mekaar goed. Komplimenteer mekaar , het waardering vir makeer nie alleen as man en vrou maar as ouers ook. Soms is moeilik, want ek is soms soos n leeuwyfie oor sy pasgebore baba maar dit word beter en ek werk konstant daaraan.
As Roan in bed is, kyk ons n serie saam, al dit vir n half uur. Ons gee mekaar baie drukkies en dus lekker want dus nie meer so vanselfsprekend omdat jy altyd besig is met ander dinge. Ons doen in die weekend iets saam en gaan uit vir lunch. Gaan stap met Roan en gaan vir koffie iewers. Sulke klein dinge laat my gewaardeerd voel. As daar iets anders gedoen word met die opvoeding van Roan, praat ons daaroor, maar buite dit is ons ook geintreseerd in mekeer. Onbewuste oomblikke, geniet ek die meeste as ek besig is met Roan en Robin kyk na ons met trots in sy oe.


Ek is bly, hy is aanwesige pappa. Alhoewel hy ook baie besig is met werk en fietse. In die weekend en 2x per week bad hy Roan en doen alles op sy manier. Ek het dan tyd om alles netjies te maak in huis of iets vir myself. Roan geniet elke oomblik met hom. Hulle is 100% groot vriende. So sien ek Robin en sy pa ook. En die eindelose gesprekke wat hulle het, gun en Robin en Roan ook eendag.
So my man, is doing a good job en ek gee hom ook die ruimte daarvoor en maak ook geleenthede vir hom om met Roan tyd te spandeer. As hulle te lank saam is, gaan bemoei ek mee en wil dan deel is van hulle plesier. Hoop dus normal?!  Die fondament van alles, is die belangrikste!
Elke aand is ek die laaste in my bed, as Robin nie uit is.


Ek neem elke dag soos dit kom. Ons n routine en dit maak alles of dae makkelik. Ek is nie hard op myself ( soms is dt moeilik) Soms vra ek myself af, het ek genoeg met hom speel, drukkies gegee, aangeraak, is hy gelukkig. Toe ek hom laat huil, om te shower, was dit nie verskrikelik ( natuurlik nie, hy moet leer, dat mamma is nie elke sekonde met hom) Maar most of all, ek geniet elke oomblik met Roan en elke dag kyk ek met nuwe oe na hom. Elke oggend as ek hom uit sy wiegie tel, voel hy groter...

n Vriendin van my van Spanje het n week gelede met haar Nederlandse man en twee kindjies na Spanje verhuis. Ek was so hartseer maar ook so bly vir haar. Ons kinders sal nooit saam opgroei. Ons sal mekaar gaan kuier en kan nou al nie wag om hulle weer te sien. Wens hulle alle geluk en liefde en ons gaan verseker gaan kuier. 

 ( Na byna 10 jaar saam, kyk hy nog na my )





                                           ( blomme van Robin )
                                                ( Jy verleer brei nie, as ek tyd het :)



 n Paar weke gelede was ek met al my kollegas uit vir n team ete. Was so nice om almal te sien. Veel het die laaste keer gesien, toe ek nog swanger was. van my ex manager het ek as geskenk n kinder Bybelboek gekry en was onzettend bly daarmee en gedurf .Hy was bang dat ek nie daarvan sal hou maar kon onthou uit n gesprek in die verlede dat ek gelowig was. 
Dit was die eerste aand weg van Robin en Roan saam. Ek moes my bes doen nie elke keer te vra wat hulle doen. Robin het uiteindelik n whatsapp gestuur : Roan het veel gelag. Hy was heeltemaal onder die poep, ek het hom gebad en hy slaap nou.
haha! Heerlik is so n appje. ja pappa :D


Ek het weer pragtige blomme van my team gekry omdat ek mamma geword het. Ondertussen is daar twee swanger in my team :)
Ek het baie spesiaal gevoel, byna soos n superwoman :) Niks fout mee om soms so te voel. 





                                                       ( Dankie mama Lisa dat jy geleer het om advokado te eet)
                                            


Roan is groot, gister was hy 12 weke oud. Hy is 80% gereed om hom met almal te deel. Robin noog nie en ek respekteer dit. Ek het vir hom n privaat Instagram account. Volg hom @roanvdwetering

Hy het die lekkerste wange. Vrolik, gesond en nuuskierig. In die oggend is hy baie vriendelik en loop van die dag ook. Elke aand is hy n stukkie onvriendelik. Sy ma se kind. Kyk dinge altyd ondersoekend aan, tot op die reaksie in jou oe vir lank, sy pa se kind.
Hy het sy hande ondek en dus grappig om te sien. As hy wakker word en hy raak aan sy diere wat bo hom hang, hoor ons hom giggel. Robin ek ek lag dan ALTYD! Tenminste alles wat hy doen wat oulik is, is mooi en grapig vir ons. Ek dink meer ongeloofwaardig. Hoe kan so n klein mensie giggel?! Hy slaap al n week deur die nag! Congratulations pappa en mamma. Hoop dit hou vir n tydjie...
Hy het n groter liefde vir borsvoeding as sy bottel.  Astussen veel mense is en almal kyk na hom, wil hy borsvoeding en dit kan ek my voorstel. Jy weet niks van die wereld en dan wil jy liefs die beskendste. So naby as moontlik naby my mamma.
Ons was na my werk, almal dink hy is die pragtigste en wil hom sien. Vir n nuwe mamma is dit n lekker kompliment.


Op Vrydag is dit ouma Marijke dag en dus nou die derde Vrydag. Ander Vrydae was ek so moeg en vandag nie want gisteraand was ons al 20:00 uur in bed, Roan ook en Robin vir n vergadering.
Oupe en ouma pas ook soms in die aand op as ons moet iewers gaan.



                                         
( nooit te klein om te leer, dat drukkies belangrik is)

                                         ( tee tyd is my lekkerste tyd, as Roan in bed le )







                                     ( Natuur is so oneindig mooi)




  n Jaar gelede het ons voorberei vir Kaapstad en vir die groot dag van ons lewe. Dit was dit ook! Die mooi mens van binne en buite is al byna n jaar my man en die beste pappa. My steunpilaar!

                                           ( Waarom is pampers so duur???! ) Pampers bestel is so handig, want vind                                               dit swaar.
 Valentyns dag het Robin n ete gehad met n goeie vriend en na werk blomme vir my gebring en n pragtige kaartjie gekry met die mooiste woorde. Ek het niks vir hom gehad. Ek het geen tyd gekry, was die dag so besig met Roan. Dus geen excuse!



   By Robin se ouers is dit goed vir my. Dan kry Roan soveel aandag dat ek oor genoeg tyd het om my naels te doen. Eeeeen foto's op Instagram te kyk :D
  Ons huis is so kleurvol soos die foto geword. Thanks God.
                                                       ( ek het my hare geknip en is bang om my hare nou te was, vir die
                                                         eind resultaat want was veel korter as wat ek geplan het.)
 
Ek wil nooit meer nie meer Mamma wees!

 Roan gaan elke Vrydagoggend met Robin na sy ouma en daarna gaan hy na sy werk. Ek gaan elke keer by die raam staan en mis my kind al of my swanger maag. Maar dus belangrik vir hom en hy is in goeie hande. Sy ouma is so gek op hom.

Wat vind julle van n video? Neem miskien soms minder van my tyd. Lekker naweek en veel liefde.

No comments:

Post a Comment