Friday, January 19, 2018

... also my lucky 7




Lekker op die bank vir n oomblik of langer. Hang net af hoe belangrik ek my slaap vind. Slaap is inderdaad belagriker! Maar ek mis ook om te skryf... Ek geniet enorm van moederskap maar mis ook n paar dinge en sommige dinge weet ek kry ek weer tyd voor. Deesdae kry ek meer oomblikkies, en soms heeltemaal nie. So as ek dit kry, moet ek altyd keuses maak, wat gaan ek nou met my tyd doen. Ek weet ek moet meer kies om te slaap veral in die dag. Maar ek het ook soms dinge om te doen. Deesdae het ons elke dag wasgoed. Ek sou dit nie oorleef het sonder ons wasmasjien, droger en skottelgoed wasser. Jawel, maar dan het ek minder tyd vir Roan gehad of vir myself , so ek is dankbaar!

Om lekker n boek te lees en vergeet van die wereld gebeur nie, en ek dink ook nie in die komende weke/maande/jare. Ek besef wat mense bedoel het toe hulle voor die geboorte van Roan se, slaap genoeg en doen alles wat jy graag wil. Ja, dit kan vir my gevoel nie. Wat ek wel n klein bietjie spyt van het, is dat ek nie tyd gemaak het om n lekker dik goeie boek te lees. Maar die tyd kom ook weer... Gelukkig!





Roan is vandag 7 weke en 3 dae oud en ek is elke week so trots :)
Hy het byna elke dag las van maagkrampe en daar is nie veel wat jy daarvoor gebruik. Hy kan tot met 11 of 13 weke las van het. Hy het ook nie elke dag ontlasting het (per baby is dit anders) Ook moet sy dermpies nog op gang kom en gewoon raak aan die melk wat hy kry. As babas borsvoeding kry gebeur dit meestal. Ook is dit dan normal as babas vir n week geen ontlasting het. Maar dus belangrik dat die onlasting daarna en elke keer dun is en nie hard. 

 Ek hou hom dan lekker by my en hou hom warm en maak fiets bewegings met sy bene ( lyk of dit n bietjie help)
Ons begin meer en meer n routine te kry wat goed werk. Robin kook soms nog na werk omdat ek dan geen tyd kry. Soms kook ek ook en is dan eg trots op myself. Soms is dit n uitdaging om alles klaar te het of op tyd klaar te wees. Roan, dink ek reuk my nog goed, as ek gaan stort, moet hy so verskrikkelik huil. Alleen as ek hom optel en troos, vertel ek ook aan hom, dat ek ander dinge moet doen soms, soos om te stort. Dit voel of hy dit verstaan en is onmiddelik rustig en tevrede. So vir my gevoel, is hy n kind wat jy dinge moet aan verduidelik. Klink n bietjie soos sy mamma.
As hy nie las van sy maagkrampies het, slaap hy altyd goed. In die nag, 4-6 uur. 


Ons goeie vriende, Sven en Reanne, het die sleutel van hulle huis gekry en verhuis oor n week. Hulle bly nog in dieselfde stad maar dan nie meer om die hoek by ons.
My dierbaarste vriendin in Nederland verhuis terug na Spanje met haar Nederlandse man en twee kindertjies. Ek is so bly vir haar want ek weet sy wou dit graag maar met veel pyn in my hart, dink ek dat ek moeilik afskeid van haar gaan neem. So ver is Spanje nie, dus maar n twee uur vlug maar ek gaan haar nabyheid onzettend mis. Ek het ook gehoop dat ons kinders saam sou opgroei omdat ons naby mekaar bly.


Ek het die week ook n bietjie my familie verlang. Soms is ek te hard op myself daaroor. Terwyl dit soms normal is om te verlang en behoefte te het aan bepaalde bekendheid van familie en goeie vriende. Verlang om n lekker koppie tee met Sony te drink of  lekker gesels met my niggies en my viendinne. Dan n extra shout out vir Angelique, Stephanie, Stana en Fiona. Dankie dat julle altyd vra hoe dit gaan en n praatjie maak. 





 Twee van my kollegas het die week langs gekom met al die geskenke van ander kollegas op my werk. Roan het veels te veel geskenke!
n Vriend van Robin en sy vriendin was ook langs gewees. Daarvan het ek die pragtige blomme gekry en n storie boek vir Roan. Al sy geskenke is spesiaal en kosbaar maar as hy n boek kry word ek super bly ( ek is n egte boek versamelaar)





Roan was lekker in bad gewees en daarna kan ek uiteindelik lekker lank stort  en uitgebreid my hare was want Robin is dan by die huis in die aand ( as hy nie vir sy werk weg is)  Maar voordat dit alles gebeur, maak ons altyd eers tyd vir drukkies. Die heerlikste ooit, as hy sy gesig in my nek le, is ek ng meer verlief op my hartedief. 


(nuwe make-up uitgeprobeer en hoop om vinnig tyd het om my hare weer te knip en my ooghare te laat doen)

Roan lyk baie soos Robin. As ek foto's van Robin en sy broer kyk toe hulle babas was, sien ek Roan. Hy het die haarlyn, mond en gesig van Robin.  Hy het lang arms, bene, voete en vingers. Die vorm van my oe en my neus :) Ek het die foto gemaak, sodat ek eendag kan terug kyk, na my oe en neus. Jou oe en neus is verander natuurlik ook hoe ouer jy word. En nee hy het geen krulle!
Natuurlik gaan hy nog verander. Hy is meer blank dan gekleurd maar dink dat hy in die Somer makkelik bruin word. Sy oe is blou maar kan na 3 maande of soms n jaar nog verander. Donker oe is wel dominant, so ek wonder of dit sal verander. Sy hare is swart maar hoe langer dit word lyk sy wortels n bietjie blond of rooierig.
Hy lag ook meer en meer, meestal in sy slaap. Hy lag ook as iets snaaks doen maar nadat ek vir 20 minute my bes gedoen het. Maar ek sal alles doen vir n glimlag. Ons praat ook meer en meer met hom.  


Routine :

- wakker word en lekker in ons bed ( as Robin na werk gaan)
- voeding gee en n boekie lees, praat en dan slaap hy weer.
- ek kies dan om meer te slaap of ontbyt te maak, is net hoe my nag was.
- die was in die wasmasjien
- Roan is dan wakker, weer voeding gee
- in bad of word gewas, daarna uitgebreid drukkies gee, nie te veel praat en dan voeding.
- hy slaap dan vir 2/3/4 uur ( in sy wiegie)
- dan gaan ek stort, lunch en was ophang en my emails check en whatsapps ( of al gelees maar dan reply)
- net as ek iets belangriks wil doen vir myself ( soos my naels of hare of make- up aan doen) word hy wakker.
- ons gaan na buite of bly binne as dit sleg weer is.
 * As dit weekend is, ons n afspraak het, gaan alles anders. Dan moet ek plan, plan en nogmaals plan! Dus die oomblikke wat Roan so huil as ek gaan stort. Hy voel seker ook aan dinge gaan anders. In die weekend, gaan sport Robin altyd ( fiets) in die oggend. Hy maak dan altyd ontbyt vir ons. Ons eet ontbyt in bed en Roan is dan ook lekker saam met ons in bed.  Ek het nie vertel van ontbyt in bed. Robin haat dit of miskien nie meer want hy lyk super gelukkig as ons 3 in bed ontbyt. Sommige dinge moes jy ook n kans gee, dan hou jy wel daarvan ;D
Ons gaan altyd na buite in die weekend, om iets as gesin saam te doen. Ons kry in die weekend nog veel gaste vanaf die geboorte van Roan.
Robin is vanaf Donderdag weg vir sy werk en is vanaand terug. Ons het dit oorleef, ek kon wel merk in die aande Roan soek Robin op sy manier. 


As daar iemand is die nog ouma raad of tips het vir maagkrampe of is daar iets is wat ek kan doen om te help om sy ontlasting op gang te bring. Hoor ek dit graag!
Ek hoop iemand die ek ken, wil ook graag af en toe skryf oor hulle bevinding as moeder :)
As julle vrae het oor iets, laat dit in n comment. Ek sal graag meer kontak met almal wil he wat my blog soms lees.


Al n goeie naweek en tot n volgende keer.

Liefs

Landie

1 comment:

  1. Awwwh! Eks bly dat jy n tydjie afgeknyp het om te skryf. Dus n lekkerte as mens so jou posts kan lees- weerspiel jou gesindheid :) love!Love! Love die voetjie fotos van julle (sommige goed verander nie hahaha). Baie lief vir julle, en super trots-dit wil gedoen wees! xoxo

    ReplyDelete