Tuesday, November 28, 2017

Laaste blog voordat ek Mama word...#06









 Ek het bes veel foto's geplaas. Ek dink dat dit die laaste blog is voor my bevalling. Ek is vandag 38 weke en 4 dae. Ek het inderdaad veel geniet van my swangerskap. My 20 weke en 30 weke was ek erg positief in myself as moeder word. Ek dink en voel dat ek die beste mama word en dit ook wil word. Dat ek die beste kwaliteite van myself aan my kind blootstel en konstant werk aan my negatieve punte. Om nog n beter en veel meer positief persoon word.
Ek voel ook goed oor myself as persoon. Natuurlik het ek nog baie drome mar ek is onzettend tevrede met wat ek het in die lewe. Veral tevrede oor die klein dinge. 


Ek is vanaf vandag n maand met swangerskapverlof en geniet daarvan. Dus lekker om alles op jou eie tyd te doen. Ek het die eerste weke alles skoon gemaak en online bestel wat ek nodig gehad het. Ek het lekker gelunch met vriendinne. Lekker met Robin uit geeet en gaan stap in parke. Lekker gefiets, geswem en gesport tot dat dit nie meer kon. Of temninste ek dit nie meer daarvan geniet.
Ek het meeste van my tydskrifte gelees... en het nog lees die komende tyd.
Veel dinge weggegooi en gee wat ons nie meer nodig het en gebruik.
Maar eerlik, veels te min geslaap. In die nag slaap ek sleg en deur die dag ipv lekker slaap, het ek dit nie gedoen. Maar dus ok, nie die einde van die wereld. Het inderdaad nie die advies van alle ouers geneem :) Vandag het ek wel, lekker na bed gegaan vanaf 13.00 - 16.00 uur. Dit was heerlijk!


Ek sou nog meer lekker dinge wou eet maar lus nie so veel dinge. Ek het 10kg gewig by gekry en na my 7de maand nie weer op die weegskaal gegaan. Ek is nie bang daarvoor maar vind dit nie meer belangrik. Soms, nie veel het ek myself bederf met n pakkie chips en n blikkie Fanta. Dus iets van my 30ste weke. Maar 1 keer in die week. Andere kere lus ek dit nie weer. En natuurlik was lunch my gunsteling maaltyd van die dag. Ek kon super bly word van n lekker broodjie. In die oggend het ek Oats met peanutbutter geeet. 










 Die laaste 2 weke was swaar. My ribbes voel gekneus en elke beweging van die baba doen meer en meer pyn. Ek geniet ook minder daarvan. Ek het ook my bes gedoen om oomblikke ook te geniet. My liggaam pyn soms van al die organe wat opmekaar gedruk word. Ek doen sover nog alles maar alles was swaar en moeilik. Ek het dit wel belangrik gevind. Gisteraand het ek met veel moeite my toon naels gedoen. Robin wou my graag help maar ek wou dit heel graag self doen.
Tog is ek super verlief op my maag was my soms soos n olifant laat voel.
Ek sing altyd Twinke little star in die shower vir ons baby. Dus een van ons spesiaalste oomblikke saam. Ek luister met haar na klassieke musiek en af en toe lekker pop musiek. Af en toe onspannend baby liedjies maar daarvan het ek self ook onspan.
Ek het onzettend geniet van al die baba klere wat ek gewas en gestryk het. Om die wiegie vir n tweede keer op te maak en met veel trots na Robin kyk as hy op n aand na sy lange dag op weg die stroller in mekaar sit.
Hoe ek elke dag in die laaitjies kyk na die klere, omdat dit so n wonderlik gevoel gee. Robin my pla en verbied om nie meer in die laaitjies te kyk of tenminste een keer per dag :)
Is elke keer skattig! Alles is so klein, sag, mooi en reuk so lekker.

Ons weet NOGSTEEDS nie die geslag van die baba. Ek wou dit nie weet en was nie regtig nuuskierig. Op die oomblik wel maar ek kan gelukkig nogsteeds wag. Ek praat oor die baba met sy/haar vorm en Robin hy-vorm. Dit beteken niks want ek het geen voorkeur. Ek sal bly wees met n seuntjie of meisie. Robin sal baie bly wees met n seuntjie maar ek weet 100% dat n meisie sy hele hart sal steel die oomblik hy in haar oe gaan kyk en haar vashou.
Ek het al vroeg n meisie naam. Natuurlik vir my die mooiste naam. Robin het die seuns naam gekies. Vanaf die begin het ons die baba altyd Panda genoem, later Pandje en Robin noem hom/haar Pandels. Ek hou van pandas, natuurlik ook van olifante en honde. Maar pandas is so mooi diere en ek sal graag die hele dag drukkies wil gee en kry van n panda.
In ons huis gebruik ons nooit die name, so as die baba gebore is, sal dit ook vir ons iets is om gewoond aan te word. Want dan is dit geen Pandje meer :)


Ondanks die laaste twee weke en min slaap, sal ek my maag emorn mis ( se ek elke keer :)  My wonderjie, veilig in my maag en elke oomblik en sekonde by my. Ek sal sy/haar hartklop en sterk trap teen my bors aan mis. na so n lang tyd wil ons Pandje graag ontmoet en wil ons graag weet of sy ons seuntjie of meisie is. Ons wil uitendelik weet hoe sy/hy lyk en al die karakter eingenskappe. Ons wil die nuwe fase in ons lewe begin. Vir so lank alleen ons twee en dan uiteindelik is ons drie. Die liefde wat ons al voel borrel. Alhoewel Robin die beste was in die periode en saam met my geleef het en baie tyd gemaak het om aan my maag te raak totdat baby beweeg. Wat ek dink, hy soms verslaaf op was. Baby beweeg ook, as hy aan my maag raak. Hy/sy weet en herken sy stem natuurlik. Wil ek heel graag alles buite my maag met hom deel :)
Natuurlik sien ons nie uit na die slapelose nagte :) maar dit sal ons ook oorleef.


Ek het die mooiste geskenke en kaartjies van familie en vriende gekry. n Babyshower van my lieve vriendinne. Waarvan ek my so spesiaal gevoel het. Ons het die afgelope weekend ons Nederlandse Sinterklaasaand gevier. Dit is altyd op 5 Desember maar ons het dit voor die tyd gevier met die familie omdat ons bang was Pandjie kom te vroeg. Ons het twee swangerskap fotoshoots gehad. Die laaste vind ek die mooiste want dit is in die natuur en daar word ek super bly van. Ons was na die musical van Lion King ( wou ek heel graag) Ek het tante geword van pragtige Emily Nova Scarlett Visagie. Daar is ek super trots op, dat dit goed gaan met haar en dat sy gesond is.
Ons tasse vir die hospitaal is gepak!
Wat nog meer... Die wag tyd het begin! Ons is heeltemaal gereed om ons klein, warm lyfie met piek voetjies vas te hou.
 As ek weer oor Pandjie skryf, het sy/hy n egte naam :)



(Elkeen het op n rompertjie iets moois gemaak)
 Vandag het ek nie soveel energie gehad en tog geprobeer om iets vir myself te doen. Gister het ek n besige dag gehad. Vanoggend het ek n uitslag op my gesig. Het ek nooit! Miskien is dit my hormone, min slaap of n bietjie spanning. My gesig was vurig en met die masker was dit n bietjie verlig. Ek het dit daarna met olyfolie ingesmeer en toe was my hele gesig rustig. Het nog daarvan maar dink dit is in die loop van die week weg.




 Gisteraand het ons my laaste kaal maag foto gemaak :) Robin moes lag, veral omdat hy hom verbaas met die idees wat ek soms mee opkom. Hy was die afgelope tyd my fotograaf. So dus inderdaad n kompliment as jy jou fotograaf kan laat lag :)  Want daar was ook baie tye wat ek n foto wil as hy geen tyd vit het. Of hy wil n foto maak as ek nie so goed voel of  voel as n olifant ;D Dus ook my afskeids foto van my maag.

Hoe die komende dae gaan loop, weet veel swanger vroue nie. Geluk en sterkte aan die vroue wat ook swanger is en ook nie kan wag om hulle wonderjie te ontmoet.
Gereed vir die ervaring wat wag op my! <3















" No one else will ever know the strength of my love for you. After all you the only one who knows what my heart sound like from the inside "

Monday, November 20, 2017

20 Weke swanger #5




 Dit was weer n tydjie gelede. Met 20 weke begin ek vir die eerste keer te besef dat ek  swanger is. Was ook n senuweeagtige week want dit was ons 20 weke echo. Wat baie belangrik is! Alles en die groei van die baby word gecontroleer en gemeet. 

Ek het die week ook sonder twyfel geweet dus my baba wat so beweeg in my maag. Dit was so besonder, soos ek dit die vorige keer vertel het. Egte skoenlappers in jou maag.
Dus ook n prestasie want dit is persies op die helfte van jou swangerskap en dit geen baie vertroue in jou jouself en vir jou swangerskap. 


Hier het ek n paar vrae wat ek veel gekry het van vriende en collega's

* Gewig- Ek vind my gewig nog goed. Merk nog niks van ekstra gewig. Ek eet minder als altyd en drink ook minder. Maar die gewig kom seker...


* Eet- Ek eet minder as normal. Maar ek eet altyd my ontbyt ( dit help ook vir my misselikheid) Ek probeer vrugte te eet. Eers eet ek dit elke dag en nou moes ek wel moeite voor doen. Ek het niks spesiaals gehad wat ek wou eet. Behalwe dat ek wel n voorkeur vir iets soutigs ipv soet het. Brood en Nederlandse kaas het ek wel van geniet die tyd.

* Slaap- Ek slaap toe nog goed. Ek moes veel na die toilet en daardoor slaap ek tog minder as normal. Voel my in die loop van die dag erg moeg. Verder slaap ek goed. Alleen as ek wakker word, het ek gelyk, koppyn, maagpyn en so misselik. Dit was inderdaad nie iets om na uit te kyk in die oggend. Dieselde gevoel het ek ook spontaan gehad in die dag of aand.

* Swangerskapklere - Moes dit al so vroeg?! Ek het nog nie die nodigheid gesien. My klere pas nog goed en natuurlik was daar n paar dinge wat geen opsie meer was of iets was nog goed sit maar voel nie lekker. Ek het n paar rokkies gekoop ( want was Somer) van Zara maar die was n maat groter en daar was niks of ek dink niemand kon iets merk. Nog nie gereed vir swangerskapsklere.

* Shoppen- Ja :D Die baba het al geskenkies gekry en self van Mama n paar mooi dingetjies. Tog merk ek dat ek nog nie die gevoel het om veel dinge te koop. Ek kry later n lys van my verloskundige en van die kraamsorg ( n organisasie die jou help tydens die bevalling en n week of langer tuis as dit nodig is)  Toe het ek my erg gefocus op die dinge wat belangrik is en wat ons regtig nodig het.

* Mis jy iets- Nee ek kan nog alles doen! 

* Voel jy al iets- Ja! Ek voel my baba al! Meer en meer. Dus so mooi om te dink, ek doen nie meer dinge alleen. Daar is altyd iets besonder by my.

*  Is jou naal al na buite- Nee, nog nie.

* Beste oomblik van die week- n Voorspelbare antwoord. Onze baba voel beweeg.

* Minder oomblik- Ek wil glad nie meer kook, al die afgelope weke. Ek vind die reuk van alles erg. Robin kom dan nog na sy werk kook en ek voel my soms skuldig. Maar ek kon dit gewoon nie. Ek is so dankbaar dat hy al die begrip daarvoor het. 



Ons 20 weke echo was uiteindelik! Ons het n warm en vriendelike verwelkoming gekry en was so gelukkig dat dit 10 minute van ons huis was. So ons het lekker daarheen geloop. Daar le ek dan met my klein maagie. Wat n wonder weereens. Ons kon nie genoeg van kry. Een van die eerste vrae was, weet julle die geslag. Dus baie belangrik. As jy dit nie weet word dit in die vorm van hy gebruik vir die veilgheid.
Ons wondertjie is al bekend dat hy sy gesig verstop. So ons kon eers die gesig nie sien. Ondertussen is alles na gekyk en op gemeet. Die ruggraat, longe, niere, maag, bloedvate, slagaders ect. Die brein, maag en bene is opgemeet. As jy van Biologie op skool gehou het of n mediese studie gedoen het, was dit extra lekker om na te luister. Uiteindelik die gesig, met veel moeite het hy gedraai en het ons die gesig gesien. Gelukkig ook geen haasmondjie. Ons was tevrde! Natuurlik weet jy nie 100% alles maar alles wat sy wel controleer was goed.
Ons het die pragtigste maer kindjie met lang bene want in my groei. Wat skaam is vir foto's. Robin se onmiddelik, dit het sy nie van haar ma ;D
Dit was inderdaad die moeite werd om te vier.
Ons het lekker gaan lunch en die hele tyd na die echo foto's gekyk. So skattig! :D


Ons het n uitgebreide USB- stick gekry met die sessie van die echo op. Robin se ouers was met vakansie en ons kon dit na hulle email.
Daarna pas het ek die gevoel gehad, dan almal mag weet dat ons swanger is. Ek het dit ook op dieselfde dag gedeel op my social media en die mooiste reaksies gekry. Goeie vriende en familie het natuurlik al geweet.




 Vandag is ek 37 weke en 4 dae swanger en sit nog lekker in bed. Dit is koud en renerig buite en ek het n lekker koppie Milo gehad en in my dagboek vir ons baba gekryf. Dus een van my lekkerste oomblikke :)

" 20 weeks down, 20 weeks to go"

Monday, November 13, 2017

Brood, brood en nogmaals brood... #blog4






 Vandaag voel ek my nie so lekker. Seker te besig gewees die agelope naweek. Ek het n harde maag en dit pyn n bietjie. Ek het nie eg iets eet en die baby is baie besig.
Maar ja, ek het besluit om lekker niks te doen vandaag. Ek het net n film gekyk en toe gaan shower en geprobeer om te lunch. Vanoggend het ek ook nie veel geeet. So die beste medisyne is, NIKS DOEN!

Ek het n paar foto's gemaak van dinge wat ek baie belangrik vind gedurende my swangerskap.
Natuurlik wat ek die lekkerste vind om te eet eerste. Brood, pizza was die heerlikste. Alles wat maar sout is. Liefde vir pizza het wel na n tyd weggegaan aar brood het gebly. Ek het ongelooflik min geeet die meeste tyd van my swangerskap. Later merk ek dat my liggaam behoefte aan meer ete het. Nie dat ek vir twee eet maar net n bietjie meer. Was ook maar alleen soms. Vir die hele swangerskap was dit n bietjie matig.
Ek het letterlik n soettand en dit het verdwyn die oonmlik toe ek weet ek was swanger. Niks soets was lekker! Verder was daar niks besonders wat ek lus of gelus het behalwe een iets.
n Maand gelede het ek vir Fanta n groot liefde. Na twee weke was die gevoel ook weg.
Maar die genot van brood het gebly. Ek kan die reuk van garlic nie naby my en daardoor ook bepaalde dinge nie meer gegeet. Ook vind ek slaai nie meer lekker. Dit voel of dit nie goed verteer in my maag. Groete en vrugte het ek goed geeet en ook geen moeite mee gehad in die verlede. Maar alhoewel ek dit bly eet het tydens my swangerskap, vind ik dit nie lekker. So ek hoop die gevoel is weer terug sodra die baby gebore is!


Ek het vanaf dag 1 konstant lus gehad vir sushi! Dit is erg, die gevoel is nie weg te kry. Ek eet dit natuurlik nie. As jy swanger is, is daar veel soorte visse wat jy nie mag eet. Die wat jy wel mag eet, moet heel goed gaar is, net soos vleis. So gaar dat dit nie eintlik meer lekker is. Maar dus beter as niks.
Wel, sushi is rou vis D: Ek kan nie wag vir die oomblik om weer sushi te eet!


 Ek lees baie boeke. Ek het een boek as geskenk van n vriendin gekry en die ander twee het n vriendin aan my geleen. n Nederlandse en Engelse boek. Ek het nie nodig gehad om nog self n boek te koop, want die inliging was voldoende. Ek het my ingeskryf by n tydskrif " Ouders van nu- Ouers van nou" en he elke maand n tydskrif met veel informasie gekry. Ek het ook veel op internet gelees en het n app op my iPhone.
Robin en ek was na Informasie aand/ voorligtingsaand. Ek het n borsvoedingskursus gedoen. beide was die moeite werd en leersaam. Daar was nog soveel om te doen. Maar omdat ek so lank misselik was en dit weer teruggekom het die laaste maande. Het ek gekies dat dit genoeg was. Ek het tot week 32 een keer per week geswem. Spinles wat ek ook altyd gehad het ( alleen 3-4 keer per week gedoen het) Een keer per week gedoen maar soms het ek ook nie vir 2/3 weke nie gegaan. Want na my werk was ek altyd baie moeg.
Ek het baie gestap. Ons bly in die stad, so ek het baie na die stad gestap om iets te koop vir aandete, wat ons nodig het of iets vir die baby. Ek doen dit minder en minder omdat my liggaam so swaar voel soms. Maar ek doen my bes om dit 2x week te doen. Of na n restuarant loop met Robin ipv met die fiets, bus of kar. Natuurlik moet dit ook nie te ver is.

 Robin het die boek van my gekry, in die begin van my swangerskap. Dus n boek met veel humor :)
Dus natuurlik deur n man geskryf en daarin vertel hy alles wat alle swangervroue se en wat moet manne moet antwoord of veilig is om te antwoord. Robin het baie geniet van die boek. Toe ek hom een aand vra, terwyl ek my so ongemakkelik in my liggaam voel. wat het jy nou eintlik? Ek was so ernstig. Hy moes lag en se die boek se dit ook. 

 Dit is foliensuur. Dit kan jy al or jou swangerskap drink. Tot met week 10 van jou swangerskap. Ek het dit nog nie begin drink voor ek swanger was, maar sodra ek geweet het, het my dokter my geadviseer om dit te gebruik. Dus ook goed vir die voorkoming van bloedarmoede. 
 Dit is my swangerskap vitamine. Die gebruik weer vandat ek gestop het met foliensuur. Jy kan dit gebruik ook tydens borsvoeding. Twee, een keer per dag. Daar is verskillende soorte en verskillende pryse en merke. Die was ideaal vir my want daar sit geen lactose ( melk) in.
 Ek dink letterlik dat alle olies wat jy kan kry is gebruikbaar vir jou liggaam tydens jou swangerskap. Solank jy jou liggaam soms vogtig hou!
In die begin en nogsteeds maar wat minder, het ek veel las van my vel gehad. Voel my vel skeur uitmekaar en jeuk. Dat ek so ongelukkig voel en as ons iewers uit eet, ek nie eens my ete geniet. Ek het die olie vanaf week 10 begin gebruik. Twee keer per dag en soms deur die dag as dit nodig was. Ek vind dit n bietjie duur ook omdat jy dan veel daarvan gebruik. Ek gebruik in 2 weke een bottel en my vel vra ook daarna.


 Ek het op my verjaarsdag die creme van Rituals gekry van n vriendin. Dit is ook stria ( soos almal dit ken as stretch marks) Dit reuk weer lekkerder as my olie en as ek soms iets baie mooi aantrek as ek op n date gaan met Robin. Gebruik ek dit en dan word my klere ook nie vetterig. 

Ek is altyd lief vir blomme en koop dit self en kry ook soms van Robin. My skoonmoeder gee ook graag blomme aan my as sy langs kom. Ek bederf myself ook om dit altyd te koop as ek vry is. Vanaf my swangerskap het ek elke week vir my blomme gekoop. Daar word ek bly van as by die huis kom. Alleen daardoor gee ek Robin nie die kans om blomme vir my te koop, want ons het nou altyd blomme. Veral nou dat ek op swangerskap verlof is, vind ek dit extra belangrik. Dit is die bekende Tulpe ( Nederlandse blom) kry jy in verskillende kleure.

Friday, November 10, 2017

Ons kan uiteindelik vertel! #blog3

Eeste beweging voel ek vanaf 18 weke. Voel as skoenlappers. Ek het dit die hele week gevoel en die hele week gedink dus my derms :) So voel dit maar in my agterhoof het ek geweet dit kan nie my darms is. By 20 weke was alles duidelik! Ek le op die bank en skrik! Was so opgewodnde as n kind om dit aan Robin te vertel. Dit gebeur ook in de begin elke keer net as Robin nie tuis was. Uiteindelik het hy sy deel gekry. Hy was ook so opgewonde en geskok. Ek kon die ongeloof op sy gesig sien. Op ons vakansie gebeur dit elke dag en het baie geniet daarvan. Ek vertel dit ook elke keer aan hom ;D
Soos die weke verder gaan, het ons n voetballer (ster) gekry, wat goed kan trap...


Na ons tweede echo (sonar) was ons gereed om te vertel! Eerst aan die familie. Ek het geweet ek wil dit eerste aan Shane en Stana vertel, omdat dit ook so n spesiaal tyd vir hulle is. Ook omdat hulle prinses n niggie of neef gaan kry. Dit was n baie spesiaal oomblik om hulle te vertel. Hulle kon natuurlik nie glo dat ek die geheim so goed gehou het, terwyl ons elke dag oor hulle swangerskap praat.
 Ek het dit aan my auntie, wat soos my vriendin is vertel. Sy was baie bly en was al lank op wag na die nuus. Maar ek dink my hele familie!
Die ouers van Robin het gekom vir ete en ons het hulle n kaartjie gegee met n foto van die tweede echo foto <3
Hulle het dit nie so gou verwag, die ongeloof en wel weer geloof was mooi om te sien. Ek het Robin se ouers lanklaas so erg bly gesien. Ja, sou ek ook wees as ek vir die eerste keer oupa en ouma word! Ek het die hele ete n bietjie in die wolke gevoel.
n Vriendin en n collega het al geweet omdat ek nie so lekker gevoel het en advies nodig gehad het van die vriendin.
Daarna het ons al die spesiale mense eers vertel. Die reaksies was waardevol. Sven en Reanne is goeie huisvriende van ons. Ons het hulle uitgenodig vir koffie in die middel van die week. Sven het dit al voorspel. Reanne nie, maar omdat ek haar nie solank by n high tea verseker het ek is nie swanger! Ek moes, want elke keer as ons saam eet en iets gaan drink in die stad. Drink ek n Cola Light of tee en dan sien ek hoe ondersoekend hulle my aan kyk. En Sven n keer my wyn glas reuk, omdat ek toe ons met vriende geeet het. Ek my wyn glas skelmpies gevul het met water ipv wyn ( as of jy dit nie kon sien ;)
Was ook spesiaal om ander lede van die familie te vertel van Robin en my vriende in Nederland. Ook aan my vriende en familie in Suid Afrika ( maar iets wat n minder spesiaal gevoel) want mense is so ver weg en soms voel hulle ook ver weg. Natuurlik weet ek dat hulle baie bly was.


Doel was, dat al die belangrike mense in Nederland moes weet voor ons troue. want dit word wel genoem tydens die seremonie. 
n Tweede keer troue in Nederland het ons natuurlik ons redes gehad. Maar die spesiaalste was, dat ons klein wondertjie deel was van troue. Ons was nie meer twee maar drie! 

Die seremonie was pragtig met veel liefde. My rok wou heel graag weer aan getrek het maar pas nie meer. Maar my liefde vir tutu's was weer duidelik. Want ek was super bly met my outfit!
Dit was n egte Nederlandse dag! Die hele week was dit mooi ( skitterend) weer en op die dag het dit gereen van dag to nag! Mama Lisa sou se, dus n seening en dit se Robin se ma ook. Ek was ok met alles. ek was a happy chappy en nie eens die weer kon dit verander.


Ons het n Suid Arikaanse braai gehad in ons tuin en weer n troukoek ( mini) met behulp van ons groot held Remco. n Kok wat ek graag deel, want dus die moeite werd. Omdat ek nie sout ete iets was wat ek lus, het ek so uitgesien na die braai en inderdaad heerlik geeet ook :D
Alle onse vriende, familie en kennise het gekom. Ook kinders en Robin se ouma ook. Was n besonder dag. Ons geskenke het bestaan uit = baby, baby, baby en nogmaals baby geskenke. Geen ander geskenk kon ons ook gelukkiger maak.




 ( ons drie)
 ( Keck en Mas- my twee liefies)
 ( nog n keer)
 (... in Nederland ook op wit en swart)
 ( oupa Henk & ouma Marijke)
 ( ons staatmakers en andersom ook)
 ( familie)
 ( Ouma trees)

 ( JUST MARRIED)
 ( liefde...)









( Happy men : Geskenk van vriende van Robin!)

 ( LOVE)














 ( Food = happiness)










" Cherish your human connections - your relationships with family and friends."