Tuesday, November 7, 2017

Eerste echo #blog2

 Ek bel gelyk my dokter op en word verwys na n verloskundige ( vergelykbaar met n genacoloog of n verpleegster wat spesialiseer in swangervroue en die proses)  Kortom, n gekwalifiseerde voedvrou ( midwife) Nie veel lande het n verloskundige. Dit is n bietjie jou 'dokters/ verpleegsters' vir die komende maande. Daar was jy vir jou echo's en controles.
Die dag/ nag van die bevalling is een van my 6 verloskundiges ook by. Ek het sover afsprake met drie en die ander 3 ken ek alleen van op n foto. So die kans groot dat een van die onbekende drie diens het. Met geluk, is dit een van die ander drie. Maar tog merk ek meer en meer met bepaalde dinge. No big deal, dit kom goed, onbekend of bekend, die baby moet gebore word!

Na 2 weke dat ons weet ons is swanger, kon ons n afspraak kry. Dit was 16.00 uur die middag. Ek leef die 2 weke nog in ongeloof natuurlik. Ek wag op Robin terwyl hy van sy werk kom en hopelik nie in die verkeer vassit. Ek is soms n bietjie Suid Afrikaans met tyd maar vir sommige dinges wil ek op tyd wees. Dit was so n dag!
Terwyl ek wag, kry ek n whatsapp en foto van n echo. Ek word tante! Ek kan die oomblik nooit vergeet. My broer, Shane, en sy vriendin was dieselfde oggend na die dokter en hulle eerste echo gehad. Hulle is n paar weke al swanger. Droom ek?!
Ek was so bly e kon natuurlik nie ons geheim deel. Dit word n moeilike.


By die verloskundige, het ons n kort gesprek. Die echo, so belangrik. Op die beeldskerm is daar niks te sien. Ook snaaks om my baarmoeder so te sien. Niks is te vind, dan word dit maar n inwendige echo. Toe weet ek al, ons baba is nog baie klein of n kans dat ek nie swanger is. Robin hou my hand vas en toe voel ek sonder woorde dat ons altwee eintlik hoop dat ek wel swanger is. En daar was dit. n Piep klein stippie! Weer kyk ons in ongeloof. So klein???
Al het jy kennis oor dinge. Wonder ek op die oomblik, sal so iets klein wel groei.
Ons was 4 weke swanger en toe ons by die huis kom, was Robin onmiddelik besig om uit te reken wanneer het dit nou gebeur :D Dit kan ek nie natuurlik vertel...
Wat ons wel weet dus onse Suid Afrikaanse- wonderkindjie. All the way, van my roots. Tog n mooi verhaal om eendag te vertel aan ons wondertjie.

Ons was uit vir ete om te vier. Ons praat makkelik daaroor en nou het ons n egte geheim. Onmiddelik neem dankbaarheid, ongeloof oor. Maar om veel in die toekoms te gaan, was moeilik. Vir nou was die kuns om ons geheim veilig te hou tot die tyd goed was. Om my moegheid, maagpyn, minder eetlus en misselikheid te verberg of n siekte te gee. Miskien allergies vir bepaalde ete? Of nog moeg van die troue kan ook ;D 

Was ook makkelik om te doen omdat ek allergies van lactose ( melkprodukte) is. So dit was geloofwaardig. Maar :D nie meer n glasie wyn by n ete met vriende of party drink, was n uitdaging. Een glasie rooi wyntjie kan tog geen skade doen...

Onse pragtige echo foto hier bo, is van 10 weke en toe was ons so trots. Dit het wel gegroei! 

Our First Glimpse 
~author unknown

Today we saw
Our first glimpse of you
A little piece of heaven
Our dream come true.
The day we will meet
Seems so far away
But until you’re ready
In my tummy safely stay.
Our gift from God
Sent from above
For us to cherish
And forever to love"







No comments:

Post a Comment