Tuesday, November 28, 2017

Laaste blog voordat ek Mama word...#06









 Ek het bes veel foto's geplaas. Ek dink dat dit die laaste blog is voor my bevalling. Ek is vandag 38 weke en 4 dae. Ek het inderdaad veel geniet van my swangerskap. My 20 weke en 30 weke was ek erg positief in myself as moeder word. Ek dink en voel dat ek die beste mama word en dit ook wil word. Dat ek die beste kwaliteite van myself aan my kind blootstel en konstant werk aan my negatieve punte. Om nog n beter en veel meer positief persoon word.
Ek voel ook goed oor myself as persoon. Natuurlik het ek nog baie drome mar ek is onzettend tevrede met wat ek het in die lewe. Veral tevrede oor die klein dinge. 


Ek is vanaf vandag n maand met swangerskapverlof en geniet daarvan. Dus lekker om alles op jou eie tyd te doen. Ek het die eerste weke alles skoon gemaak en online bestel wat ek nodig gehad het. Ek het lekker gelunch met vriendinne. Lekker met Robin uit geeet en gaan stap in parke. Lekker gefiets, geswem en gesport tot dat dit nie meer kon. Of temninste ek dit nie meer daarvan geniet.
Ek het meeste van my tydskrifte gelees... en het nog lees die komende tyd.
Veel dinge weggegooi en gee wat ons nie meer nodig het en gebruik.
Maar eerlik, veels te min geslaap. In die nag slaap ek sleg en deur die dag ipv lekker slaap, het ek dit nie gedoen. Maar dus ok, nie die einde van die wereld. Het inderdaad nie die advies van alle ouers geneem :) Vandag het ek wel, lekker na bed gegaan vanaf 13.00 - 16.00 uur. Dit was heerlijk!


Ek sou nog meer lekker dinge wou eet maar lus nie so veel dinge. Ek het 10kg gewig by gekry en na my 7de maand nie weer op die weegskaal gegaan. Ek is nie bang daarvoor maar vind dit nie meer belangrik. Soms, nie veel het ek myself bederf met n pakkie chips en n blikkie Fanta. Dus iets van my 30ste weke. Maar 1 keer in die week. Andere kere lus ek dit nie weer. En natuurlik was lunch my gunsteling maaltyd van die dag. Ek kon super bly word van n lekker broodjie. In die oggend het ek Oats met peanutbutter geeet. 










 Die laaste 2 weke was swaar. My ribbes voel gekneus en elke beweging van die baba doen meer en meer pyn. Ek geniet ook minder daarvan. Ek het ook my bes gedoen om oomblikke ook te geniet. My liggaam pyn soms van al die organe wat opmekaar gedruk word. Ek doen sover nog alles maar alles was swaar en moeilik. Ek het dit wel belangrik gevind. Gisteraand het ek met veel moeite my toon naels gedoen. Robin wou my graag help maar ek wou dit heel graag self doen.
Tog is ek super verlief op my maag was my soms soos n olifant laat voel.
Ek sing altyd Twinke little star in die shower vir ons baby. Dus een van ons spesiaalste oomblikke saam. Ek luister met haar na klassieke musiek en af en toe lekker pop musiek. Af en toe onspannend baby liedjies maar daarvan het ek self ook onspan.
Ek het onzettend geniet van al die baba klere wat ek gewas en gestryk het. Om die wiegie vir n tweede keer op te maak en met veel trots na Robin kyk as hy op n aand na sy lange dag op weg die stroller in mekaar sit.
Hoe ek elke dag in die laaitjies kyk na die klere, omdat dit so n wonderlik gevoel gee. Robin my pla en verbied om nie meer in die laaitjies te kyk of tenminste een keer per dag :)
Is elke keer skattig! Alles is so klein, sag, mooi en reuk so lekker.

Ons weet NOGSTEEDS nie die geslag van die baba. Ek wou dit nie weet en was nie regtig nuuskierig. Op die oomblik wel maar ek kan gelukkig nogsteeds wag. Ek praat oor die baba met sy/haar vorm en Robin hy-vorm. Dit beteken niks want ek het geen voorkeur. Ek sal bly wees met n seuntjie of meisie. Robin sal baie bly wees met n seuntjie maar ek weet 100% dat n meisie sy hele hart sal steel die oomblik hy in haar oe gaan kyk en haar vashou.
Ek het al vroeg n meisie naam. Natuurlik vir my die mooiste naam. Robin het die seuns naam gekies. Vanaf die begin het ons die baba altyd Panda genoem, later Pandje en Robin noem hom/haar Pandels. Ek hou van pandas, natuurlik ook van olifante en honde. Maar pandas is so mooi diere en ek sal graag die hele dag drukkies wil gee en kry van n panda.
In ons huis gebruik ons nooit die name, so as die baba gebore is, sal dit ook vir ons iets is om gewoond aan te word. Want dan is dit geen Pandje meer :)


Ondanks die laaste twee weke en min slaap, sal ek my maag emorn mis ( se ek elke keer :)  My wonderjie, veilig in my maag en elke oomblik en sekonde by my. Ek sal sy/haar hartklop en sterk trap teen my bors aan mis. na so n lang tyd wil ons Pandje graag ontmoet en wil ons graag weet of sy ons seuntjie of meisie is. Ons wil uitendelik weet hoe sy/hy lyk en al die karakter eingenskappe. Ons wil die nuwe fase in ons lewe begin. Vir so lank alleen ons twee en dan uiteindelik is ons drie. Die liefde wat ons al voel borrel. Alhoewel Robin die beste was in die periode en saam met my geleef het en baie tyd gemaak het om aan my maag te raak totdat baby beweeg. Wat ek dink, hy soms verslaaf op was. Baby beweeg ook, as hy aan my maag raak. Hy/sy weet en herken sy stem natuurlik. Wil ek heel graag alles buite my maag met hom deel :)
Natuurlik sien ons nie uit na die slapelose nagte :) maar dit sal ons ook oorleef.


Ek het die mooiste geskenke en kaartjies van familie en vriende gekry. n Babyshower van my lieve vriendinne. Waarvan ek my so spesiaal gevoel het. Ons het die afgelope weekend ons Nederlandse Sinterklaasaand gevier. Dit is altyd op 5 Desember maar ons het dit voor die tyd gevier met die familie omdat ons bang was Pandjie kom te vroeg. Ons het twee swangerskap fotoshoots gehad. Die laaste vind ek die mooiste want dit is in die natuur en daar word ek super bly van. Ons was na die musical van Lion King ( wou ek heel graag) Ek het tante geword van pragtige Emily Nova Scarlett Visagie. Daar is ek super trots op, dat dit goed gaan met haar en dat sy gesond is.
Ons tasse vir die hospitaal is gepak!
Wat nog meer... Die wag tyd het begin! Ons is heeltemaal gereed om ons klein, warm lyfie met piek voetjies vas te hou.
 As ek weer oor Pandjie skryf, het sy/hy n egte naam :)



(Elkeen het op n rompertjie iets moois gemaak)
 Vandag het ek nie soveel energie gehad en tog geprobeer om iets vir myself te doen. Gister het ek n besige dag gehad. Vanoggend het ek n uitslag op my gesig. Het ek nooit! Miskien is dit my hormone, min slaap of n bietjie spanning. My gesig was vurig en met die masker was dit n bietjie verlig. Ek het dit daarna met olyfolie ingesmeer en toe was my hele gesig rustig. Het nog daarvan maar dink dit is in die loop van die week weg.




 Gisteraand het ons my laaste kaal maag foto gemaak :) Robin moes lag, veral omdat hy hom verbaas met die idees wat ek soms mee opkom. Hy was die afgelope tyd my fotograaf. So dus inderdaad n kompliment as jy jou fotograaf kan laat lag :)  Want daar was ook baie tye wat ek n foto wil as hy geen tyd vit het. Of hy wil n foto maak as ek nie so goed voel of  voel as n olifant ;D Dus ook my afskeids foto van my maag.

Hoe die komende dae gaan loop, weet veel swanger vroue nie. Geluk en sterkte aan die vroue wat ook swanger is en ook nie kan wag om hulle wonderjie te ontmoet.
Gereed vir die ervaring wat wag op my! <3















" No one else will ever know the strength of my love for you. After all you the only one who knows what my heart sound like from the inside "

No comments:

Post a Comment