Friday, January 12, 2018

5 Weekies



Week 1

Ons het n lieve vrou gehad as kraamversorger. Is iemand die jou en die baba help met die eerste week. Sy het gekom vir 8 dae vanaf die oggend tot die middag. Eers het ek gedink, ons sal haar nie nodig kry maar ons was so dankbaar. Die eerste dag, vanaf die hospitaal tuis, was ons so bly maar nie geweet wat om met Roan te doen, behalve om hom vas te hou en na hom te staar die hele dag.
Sy was na n uur y ons huis nadat ons terug was vanaf die hospitaal. Mekaar leer ken met n koppie tee en vertel hoe alles verloop het. Sy het Roan verskoon ( nie dat ek dit nie weet) maar was alles n bietjie nuut en vir robin heeltemal! Veel dinge aan ons verduidelik om op te let. Roan was natuurlik klein en ons het hom altyd warm gehou, sy het ook seker gemaak ons let extra daarop!
Sy het veel dinge aan Robin geleer. Hom gelaat om Roan te versorg en dan kyk sy en gee tips terwyl ek kan uitrus. Tog het sy my ook voldoende tyd met Roan gegee. Sy maak ontbyt en soms gekook vir ons, gehelp met ligte huishoudelike take en gesorg dat ek soms in die middag n uurtjie gaan slaap. Sy het ook altyd gesorg dat ons gaste lekker tee of koffie kry.
n Dag voordat sy weggaan voel ek dat ek gereed was om alleen met Roan ook te wees alhoewel dit elke dag n goeie dag met haar was. Ons sal haar altyd dankbaar bly en gelukkig het sy dit ook by ons geniet.


Die verloskundiges ( verpleegsters/ gynaecoloog) kom 2x langs i.p.v dat ons na hulle gaan. Vir controles. Alles gaan goed met beide van ons. Alleen Roan's temperatuur en borsvoeding gaan nie so soepel.
Ook was Roan geprik van die kindersorg om geondersoek te word vir verskillende siektes. Hy het nie eens gehuil, toe die naald sy hak raak. Ek het hom ook goed vasgehou. Sy gehoor toets is gedoen en dit het hy geslaag. Ons Roan kan goed hoor! 

                                        Trotse oupa en ouma!

                                       Die eerste keer gaan fiets as nuwe vader, nodig n foto!

 My veels te groot oppas kinders en hulle ma kon nie wag om Roan te ontmoet.
Ons het maar eindeloos geskenke gekry. 



 Week 2

Robin het nogsteeds nie n stabiel temparatuur. Het veel babas moeite mee wat te klein is met geboorte. Ons het 4x per dag 2 warm water bottels by hom in sy wiegie. Ook het hy 4 kombersies en omdat ek so paranoid was daaroor ook nog n handoek ;D Egte nuwe mama is ek! Dit was die eerste week alleen met Roan en Robin was terug na werk. Dit het inderdaad gevoel as pop speel. Ek het en nogsteeds geniet om hom te versorg. Om te kies watter klere ek weer vandaag vir hom aan doen ( alhoewel alles te groot was) Om hom lekker as te hou vir ure as of die wereld stil staan en niks anders belangrik is.
Ons gee n bietjie kunsvoeding aan hom via n inspuiting n paar keer omdat hy honger bly en my melk min is.

 Natuurlik mag ons nog nie na buite totdat sy temperatuut goed is. Maar dit vind ons nie erg want meeste van de tyd is dit sleg weer. So binne is dit lekker met die verwarmer aan en kerse in die aand.
 Voorkant van ons huis.
 Ons agtertuin! Gelukkig hoef ek nie na de tuin.

Roan is hier so klein en as ek na die foto kyk, lyk en voel ek ook jonk en in 3 extra weke het ek wel eg n mama geword. Dit was my beste oombikke in week 2 en nogsteeds ;D Hom vashou en warm hou. Ek was ook erg gekonfroteerd met my liggaam. Het ek nie eens gehad toe ek swanger was. Ek het geluk gehad, 85% van my maag was weg, was asof ek nie swanger was. En ek het nie veel vet op my liggaam, tog voel en lyk my liggaam anders. Dus ook nie erg, dus juist mooi! Gelukkig het dit elke dag meer en meer my eie liggaam geword.

 Week 3

Dit is oral wit en ons kan nog nie na buite! Jammer, want ek sou wel n foto van Roan wou maak. Sy eerste sneeu foto! My borsvoeding kom op gang! Wat was ek bly! Roan is minder honger en ek pomp vanaf die 3e dag van die week nie meer. Ek vind dit verskriklik. Ek wil dit so graag maar het die krag nie daarvoor. Roan drink ook soms die hele dag aan my bors. Dit is heel normal. Hier word dit reen-dae genoem. Hoe seer dit ook is, hoe graag wil ek dit doen. Die ongelooflikste kombinasie met gevoelens.
Ons is moeg! Ek sien aan Robin dat hy moeg is. Ek probeer en hy ook om nie veel te doen in die nag as hy moet werk die volgende dag maar dus wel nodig. Hy help my wel soms. Miljoen keer my bed uit nogsteeds om te gaan kyk of Roan nog asemhaal. Robin doen dit nie. Hy se hy het die vertroue dat ons hom goed in sy bed gele en kombersies goed om hom gedraai en aan kante ingedruk sodat niks by sy gesig kom. Ek wil die vertroue ook!


Ons eerste keer na buite met Roan. Ons het gaan koffie drink by n cafe. Was my eerste keer na 20 dae. Ek het so koud gekry, alhoewel ek lekker warm aan had. Ons het nogsteeds besoek om Roan te kom bewonder. Die lys is eindeloos maar ook mooi om te sien dat ek eintlik al n hele lewe hier opgebou het in 7 jaar wat ek trots op is. Omring met alleen goeie positief mense! So wil ek dit ok hou!



 My eerste warm koppie tee ( want is alleen gewoond aan tee wat koud word omdat ek dit vergeet of daar geen tyd is) Roan slaap lekker in sy wiegie, Robin is by die huis en ek het n oomblikkie vir myself! Ook belangrik!

Roan was vir die eerste keer met die bus na die stad ( 10min) Drinks met Sven en Reanne. Reanne moes na n suprise party en ons bly nog met Sven vir ete in n restuarant met die naam Josef en vroeer was dit Maria. Te was ons ook al n paar keer toe dit nog Maria was :)
Roan slaap in sy wagentjie en veel mense loer daarin en smelt natuurlik van hom. Toe ons ete net kom, word hy wakker. Gee ek melk aan hom en eet ek vervolgens koue ete :) Blessing of being a mom!





 Chill style, jogging pants!
 Ons het soveel kaarte gekry. Die van kennisse wat ook n huis gekoop het by ons nuwe huis. In die kaartjie staan, dat hulle Roan sal sien opgroei en speel. So mooi!
 Trotse papa!
 Robin is veratwoordelik vir my supermark lys, soms kook na werk en tog het hy tyd om vir my iets lekkers te koop. Rituals is die beste. Daar geniet ek altyd van.

 Vir Roan se geboorte wou ek graag n spesiale armband of ketting. Kon nog niks vind, en wag totdat ek dit sien. Ek het die mooi armband van Fleur ( broer van Robin's verloofde) gekry as geskenk. Het sy aan Rosanne en Marijke ook gegee. So ons het dieselfde en sy het dit in Suid Afrika gekoop toe ons nog daar was in Maart. Dit vind ek dat ook weer spesiaal.
 Roan het die mooise hande en lang vingers! Van wie sou hy dit gekry het?! :D
 Week 4

Ek het my eetlus nog nie terug. Ek eet nog min en probeer meer te eet omdat dit ook goed is vir my borsvoeding. Drink min en daarom, AS EK DIT TYD HET, maak ek vir myself n goeie ontbyt en lunch. Ek het die tydskrif van Robin gekry, alle gesonde resepte en smoothies in. Ek sal dit in die nuwe jaar uit probeer. Dus Kersfees! Ons het die beste kers geskenk die jaar gekry! Niks en niemand kan die kersfees vir my top! 

Wat was ek oorweldig met oneindige dankbaarheid. Roan is gesond en groei goed en hy het n normal temperatuur! Was niks meer om voor te vra. Ons eerste fotoshoot tuis! Terwyl ek elke dag soveel foto's van Roan neem. Maar dus gelukkig bekend by alle ouers. 

 Met Robin het ek geweet ek is verlief. Maar man, wat is ek verlief op Roan! Is byna soos, niemand kan my 2018 verpes! Met die houding gaan ek die nuwe jaar ook in.
Ek voel my ook goed. Dit sien ek aan my. Ek voel my gelukkig.
Sy eerste Kersfees!






 Ek het die mooiste kaartjie van Robin gekry, waarin hy my bedank dat ek so goed vir Roan sorg en dat hy so trots is op my. Ek huil wel van sulke kaartjies altyd maar dink my hormone speel ook n rol hier. Ek het van hom n Michael Kors handtas gekry. Ek wou dit al lank, so dit was n spesiale geskenk. 


 Check out my handbag! En ek pas in my klere, gedink dit sal maande duurt maar dit vind ek ook n kers geskenk. Robin het tyd met Roan spandeer en ek het al die tyd in die wereld gehad, ook vir make-up ;D

 My twee manne!

 Eerste kers, word nie gevier sonder n geskenk. Dit het Robin wel 33 jaar gelede gepas.




Kersdag het Robin se ouers by ons kom eet en Rosanne en Balou ( haar hond) was vir die eerste keer by. Ondanks n klein baba het ons gekook en alles gedoen wat ons wou. Het wel extra planning nodig gehad. Dit was ook ons laaste kersfees in die huis want oor n paar maande verhuis ons. Roan het vir die eerste keer heel lank na iemand gekyk. Hy glimlag ook soms n bietjie maar die keer was dit n langer glimlag. So tante Roos was die gelukkige kandidaat.
Toe ek uiteindelik in bed was, soos al die ander aande, oh wag nagte, was ek so bly en my liggaam ook.


 Bietjie veel van dieselfde, maar ek vind almal mooi en die ander was moeilik om nie te plaas. Vir die eerste keer by Oupa en ouma en die eerste keer in die kar behalve van die hospitaal. Vanaf nou is dit soveel eerste keers, voel ek was ok op nuut gebore! Marijke het verjaar die 26e en Roan het die hele familie van beide kante ontmoet. Robin het nog n ouma en sy vind Roan die mooiste baba in die hele wereld lol
Sy was in week 2 by ons om na Roan te kom kyk. Was n besonder oomblik.

Ek besef hoe sterk ek geword het. Om Robin al die oomblikke wat so kosbaar is te gun met sy familie. Geniet en natuurlik ek ook maar dus nie my familie wat my ken toe ek ook n baba was. Maar dit geniet ek wel deur die vriende wat ek hier het. Ek word ook bly om te sien hoeveel liefde Roan kry en dat hy nooit tekort aan liefde sal het in sy lewe. Daar kom my grootste energie vandaan!

Robin wys iets aan sy ma. En Rosanne en Roan chil :) nadat al die gaste weg was.
Seuns is ook erg oor hulle mammas, so ek maak my geen sorge :)





 Reanne hou Roan graag vas en daar word ek ook bly van. Maar soms steel ek n soetjie as hy te lank by iemand is. Sorry!
 Ons het heeeel veel mooie foto's van Roan met vriende en familie. Die foto is grappig. Edwin was so versigtig met Roan. Roan se hare staan so wild, n grappig foto.


 Net na my bevalling het ek n uitslag op my gesig gekry. Na pas 3 weke was dit heeltemal weg. Verder het ek geen ander dinge gehad soos hare wat uitval. 
 My hele swangerskap het ek niks anders as Sushi gelus! Terwyl jy dit nie mag eet tydens jou swangerskap. Ons eerste aand tuis nadat Roan gebore, het ons Sushi geeet en weer in totaal 4 keer. Ek hoop die jaar veel sushi te eet.
Ons was na n newborn fotoshoot. Roan was so verkoue en dit was nie n uitgebreid fotoshoot daardoor. Oor n week mag ons die foto's sien. Dink daar is ondanks mooi foto's by. Alles van Roan is vir ons mooi.





Week 5

In Nederland het kinders n 'knuffel' Dit vergelyk jy met n teddybear. Knuffel beteken drukkie.
Roan het al 15 verskillende knuffels. So dit was n moeilike keuse om te kies watter knuffel om eerste aan hom te introduseer. Want hy kan onafskeid word daarvan. Marijke het dit self gemaak en aan hom gegee toe hulle na hospitaal kom vir die eerste keer. So ouma se knuffel. Ek het die hele dag daarmee in my bors geloop in die huis en vanaf die aand in sy wiegie en dan reuk hy my. Ons gaan dit nog met twee ander knuffels doen, dat hy later nie afhanklik is van alleen een knuffel. 


Met my borsvoeding gaan dit baie goed. Ons het alleen besluit om 2 weke gelede dit te kombineer met poeiermelk. n Tipe wat ook makkelik verteer soos borsvoeding. In die nag drink hy 10 minute aan my borst sodat my produksie opgang bly en kry hy n bottel en weet ons dat hy genoeg drink en hoef ek nie vir n uur half aan die slaap met hom sit want aan die bors drink hulle langer. As ons iewers gaan kry hy n bottel. Ek gee nie graag borsvoeding in publiek. Geen probleem mee, maar elkeen doen dit op sy manier en by die huis kry hy die hele tyd borsvoeding. Dan voel ek my nie skuldig. Eerste week wel skuldig gevoel, ook omdat ek nie meer melk wil pomp.

Marijke het een daggie op hom gepas. Ek sou iets gaan doen in die stad vir myself. Maar ons huis lekker skoongemaak, soos ek dit wil he. En my naels gedoen. Daar was ek ook super bly mee. Dorien het in die 3e week vir n uur opgepas en ek was vinnig na my dokter om die hoek vir die uitslag op my gesig. Hulle altwee se, hy is stroopsoet! 

 Hy wil nie in die dag in sy wiegie slaap en ek laat hom ook lekker by my of in sy nessie slaap of met my in ons bed oor dag alleen. Op advies van Marijke moes ek dit wel probeer. Dit gaan goed, soms nie. Maar ek probeer dit elke dag nadat hy gewas of gebad is. Dan slaap hy 2-3 uur in sy wiegie. So trots. Ek gaan dan ondertussen miljoen maar honderd keer kyk en na hom staar en soms skamteloos weer n foto maak. Erg he!

 Baba Rituals produkte. Ek gebruik dit een keer per week in bad. Anders gebruik ek so min as montlik vir sy vel. Een keer met gel by sy nekplooie en sy boudjes. Ander dae alleen met water. Hy word alleen maar 2x per week gebad. Vir n baba vel vind ek dit genoeg.
Ons gebruik n ' tummytube' Dus n bietjie soos n emmer. Daar word hulle rustig van en dus klein en voel soos n baarmoeder. Ek sien die rus en genot in sy oe, al vanaf dag 1. As jy nie een het, gebruik n emmer. Hulle geniet enorm daarvan.

 Al ons Kersfees dinge het ek uiteindelik opgeruim. Wat n soet sout gevoel omdat dit ons laaste Kersfees was. Na 24 dae het ek uiteindelik tyd gehad vir Lucas en Olivia. My eerste babas maar Roan kom eerste. Gelukkig vergeet hulle vinnig dat hulle nie aandag kry. Ongelooflik het die bak vir 24 dae skoon gelyk. Maar ek het my so skuldig gevoel en was so opgelug toe ek dit gedoen het. Plus ek wil dit ook self doen!
Dit was n geskenk op ons troue van familie. Die teerste deel van die liefde is om mekaar te vergewe. Dus so waar. Weet ek alles van, uit ervaring maar uiteindelik die beste gevoel!

 Roan gaan oral met ons saam. As ons gaan lunch of na die stad gaan of na meubels gaan kyk vir ons nuwe huis. Ons voel al soos n familie <3
Hy het die mooiste hande en vinngers ( het ek al gese) 


 Vir die eerste keer na 4 weke my jeans aan. Al nna 2 weke behoefte aan gehad maar was lekker om nog lekker los klere te dra. 
 Robin is die oulikste pappa. Hy versorg Roan nie alleen anders as ek maar hulle band is nou al anders. Ek is die een was stress  oor klein dinge en Robin heeltemaal nie want dus nie nodig. Alhoewel ons altwee relax is. Ek het so baie mooi foto's van hulle twee. Ek het n kamer met alleen foto's nodig, sodat ek elke dag daarna kan kyk.
Maar ons het dieselfde reels want ons altwee wil nie n bederfde kind met geen goeie maniere!!!


Gister het ek probeer om ons eie newborn fotoshoot tuis te doen. My baba is al te groot daarvoor om in n doek gedraai word en stil te le. Ek sal dit n keer probeer as hy slaap.
Volgende keer vertel ek weer n paar dinge van hoe ons week was. Natuurlik deel ek nie my hele lewe, so no worries. Ek deel Roan nog nie heeltemaal nie, omdat ek hom nog lekker vir ons self hou. Maar volgende week ( as ek tyd het) vertel ek soos wie lyk hy vir ns sover.


Lekker naweek vir almal en mooi bly!

2 comments: