Friday, November 3, 2017

Swanger #blog1




 Die oomblik vergeet ek nooit meer...  die oomblik toe ek op die venster lees 1-2 weke swanger. My asem gaan vinniger en my hart bons. Vir n oomblik staan alles stil! Ek word mama en ons word ouers! 

Hoe werk alles, hoe plan mense dit, wanner is die goeie tyd. Is jy nie te jonk en ohja hoe kan ek vergeet van my biologise klok.  Wanneer het jy die goeie werk, verdien jy genoeg geld en woon jy al in jou droomhuis. Het jy al van jou drome bereik, gereis of ondek wat is jou passies?! Hoe werk dit? Die vrae is inderdaad eindeloos... Al is dit super geplan, die vrae het jy of tenminste ek eers.
Ek dink baie van ons ken die vrae en sommige het nogsteeds geen antwoorde. Eintlik dink ek daar is nie regtig n antwoord maar wel n baie goed gevoel.
Dan maak jy jou keuse en staan daar 100% agter. So makkelik is dit ;D Tog bly dit vir elke persoon n ander ervaring. 



Na my studie, kom die gesprek weer n keer op tafel terwyl ons besig was met die planning van ons troue. Ek voel toe heel anders as n paar jaar gelede. Natuurlik het ons oor die jare wat minder serious gesprekke gehad daaroor en soms op vakansies wat meer serious gesprekke.
Ek was geraak by die mooiheid van hoe seker Robin graag kinders met my wil. Ek wou dit ook maar nou eers nie... maar tog wil ek dit ook nou. In Nederlands het jy n spreekwoord, ' je kunt niet alles hebben' So was dit ook soms.
Ek wil nog verder studeer en aan my career werk ect
Natuuurlik is 33 jaar nie so oud deesdae maar ek kan nie help om te dink, wat as ek te lank wag.
Ek kry n werk naby ons huis en die geleentheid om verder te studeer. Toe begin my groot keuse!
Ek laat dit gaan vir onse wondertjie en bly by my huidige werk en lieve kollega's.


Ook na n gesprek met n kollega, hoeveel keer sy probeer en hoe graag sy kinders wil maar elke keer na 8 weke kry sy n miskraam. Die spyt dat sy het, dat sy so lank gewag het tot laat in haar 30's en die letsels wat dit gelaat het op sy eie manier.
Natuurlik was dit nie die rede maar dit speel alles uiteindelik saam. Ons maak 3 maande voor alles begin die keuse met die afspraak dat ek stop met die pil wanneer ek klaar is daarvoor en no pressure! Ek was secretly opgewonde en begin droom van die oulikste dogtertjie en hoe sy groot word en dat ons later saam tee drink en ek na haar liefdes verhale luister ect :D
Gelukkig bespreek ons dit al n hele jaar, so die idee was so makkelik uiteindelik.
Maar was die grootste keuse in my lewe. Nie eens na n ander land verhuis was so groot. 





Ons was super gelukkig, n paar weke later was ek (ons) swanger. Twee weke nadat ons terug was uit Suid Afrika. Hoe kan dit so vinnig???
Ja, dit kan! Ons was van die gelukkige. Daarmee kom eers n bietjie skok en dan ongeloof. Dankbaarheid kom eers na n paar weke.
Dit was in die middel van die week en ons moeg. So ons het lekker tuis gegeet en gevier.

Uiteindelik was daar  verklaring vir my moegheid, maagpyn, af en toe misselikheid en seer borste.


Ohja ons sou na Thailand die agelope vakansie. Weer n keuse!
Na 3 maande van my swangerskap besluit ons tog om nie meer te gaan. Om iewers in Europa met vakansie te gaan. Italie is een van ons gunsteling lande en ons was al in veel plekke maar ook veel waar ons nog nie was. So ons was na n paar onbekende stede en dorpies.
Ons babymoon was in Italie. Die laaste vakansie met ons twee. Die idee is weird!






 Met vakansie was die winkeltjies altyd lekker om na te kyk en iets soms te koop. Maar de keer was al die kinder winkels wat my oog vang. By die winkel , was alles selfgemaak van die moeder van die eigenaar van die winkel. Ek het 30 minute n hele gesprek met haar oor babas. Sy vertel oor haar twee kinders en ek vind dit ook lekker om na te luister. Sy straal heeltemaal en ek moes haar wel n foto van die baba stuur as dit gebore is.

Ons het die pragtige, sagte mus en serp gekoop want ons baba word in die winter gebore. n Mooi kleur vir n meisie en seun.  Omdat die baba in Desember gebore word ( ons winter) was dit die perfekte geskenk uit Italie.















 Die foto is baie spesiaal vir my. Want as ons ooit weer in Italie saam n foto neem. Is ons trotse ouers.
 Robin het veel mooie foto's van my gemaak. So af en toe kry ek ook die kans om n foto te maak. Die beste tyd is altyd net voordat hy gaan eet. Want ek weet dat hy liewer onmiddelik wil eet ipv n foto maak ;D





 Ons het lekker geeet en en van die mooi weer en land geniet.


 In die oggend het Robin gaan fiets. Ons het dit altyd saam gedoen. Maar nou kan ek nie meer op racefiets. Ek het gaan stap en geniet van die mooi natuur en daarna ook beter gevoel, ondanks my misselikheid. Ek het ook gevoel ek spandeer kwaliteit tyd met die baba. Ek sing dan soms vir haar of hom.
Na dit het ons heerlik die hele dag saam gespandeer.









 Die warme, Italie was nie dieselfde sonder n ice-cream elke tweede dag of elke dag ( op vakansie mag dit)
" There is no better feeling than the movement of life inside of you."







7 comments:

  1. Pragtig skat! Nou kan Pandje self eendag lees hoe lief sy ouers hom klaar voor geboorte he <3

    ReplyDelete
    Replies
    1. En daar brand ek die kos want ek lees lekker oor Pandje xxx

      Delete
    2. Fiona, wat erg, hoop dus nog eetbaar :0 X

      Delete
  2. Hi Landie, baie mooi vloeiende leesstuk! Baie voorspoed en geluk wense vir jou Robin en jul pragkind. Groete ���� Marselle

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Marselle, baie dankie, ek waardeer dit.
      Jou kinders is so pragtig!

      Delete