Friday, November 10, 2017

Ons kan uiteindelik vertel! #blog3

Eeste beweging voel ek vanaf 18 weke. Voel as skoenlappers. Ek het dit die hele week gevoel en die hele week gedink dus my derms :) So voel dit maar in my agterhoof het ek geweet dit kan nie my darms is. By 20 weke was alles duidelik! Ek le op die bank en skrik! Was so opgewodnde as n kind om dit aan Robin te vertel. Dit gebeur ook in de begin elke keer net as Robin nie tuis was. Uiteindelik het hy sy deel gekry. Hy was ook so opgewonde en geskok. Ek kon die ongeloof op sy gesig sien. Op ons vakansie gebeur dit elke dag en het baie geniet daarvan. Ek vertel dit ook elke keer aan hom ;D
Soos die weke verder gaan, het ons n voetballer (ster) gekry, wat goed kan trap...


Na ons tweede echo (sonar) was ons gereed om te vertel! Eerst aan die familie. Ek het geweet ek wil dit eerste aan Shane en Stana vertel, omdat dit ook so n spesiaal tyd vir hulle is. Ook omdat hulle prinses n niggie of neef gaan kry. Dit was n baie spesiaal oomblik om hulle te vertel. Hulle kon natuurlik nie glo dat ek die geheim so goed gehou het, terwyl ons elke dag oor hulle swangerskap praat.
 Ek het dit aan my auntie, wat soos my vriendin is vertel. Sy was baie bly en was al lank op wag na die nuus. Maar ek dink my hele familie!
Die ouers van Robin het gekom vir ete en ons het hulle n kaartjie gegee met n foto van die tweede echo foto <3
Hulle het dit nie so gou verwag, die ongeloof en wel weer geloof was mooi om te sien. Ek het Robin se ouers lanklaas so erg bly gesien. Ja, sou ek ook wees as ek vir die eerste keer oupa en ouma word! Ek het die hele ete n bietjie in die wolke gevoel.
n Vriendin en n collega het al geweet omdat ek nie so lekker gevoel het en advies nodig gehad het van die vriendin.
Daarna het ons al die spesiale mense eers vertel. Die reaksies was waardevol. Sven en Reanne is goeie huisvriende van ons. Ons het hulle uitgenodig vir koffie in die middel van die week. Sven het dit al voorspel. Reanne nie, maar omdat ek haar nie solank by n high tea verseker het ek is nie swanger! Ek moes, want elke keer as ons saam eet en iets gaan drink in die stad. Drink ek n Cola Light of tee en dan sien ek hoe ondersoekend hulle my aan kyk. En Sven n keer my wyn glas reuk, omdat ek toe ons met vriende geeet het. Ek my wyn glas skelmpies gevul het met water ipv wyn ( as of jy dit nie kon sien ;)
Was ook spesiaal om ander lede van die familie te vertel van Robin en my vriende in Nederland. Ook aan my vriende en familie in Suid Afrika ( maar iets wat n minder spesiaal gevoel) want mense is so ver weg en soms voel hulle ook ver weg. Natuurlik weet ek dat hulle baie bly was.


Doel was, dat al die belangrike mense in Nederland moes weet voor ons troue. want dit word wel genoem tydens die seremonie. 
n Tweede keer troue in Nederland het ons natuurlik ons redes gehad. Maar die spesiaalste was, dat ons klein wondertjie deel was van troue. Ons was nie meer twee maar drie! 

Die seremonie was pragtig met veel liefde. My rok wou heel graag weer aan getrek het maar pas nie meer. Maar my liefde vir tutu's was weer duidelik. Want ek was super bly met my outfit!
Dit was n egte Nederlandse dag! Die hele week was dit mooi ( skitterend) weer en op die dag het dit gereen van dag to nag! Mama Lisa sou se, dus n seening en dit se Robin se ma ook. Ek was ok met alles. ek was a happy chappy en nie eens die weer kon dit verander.


Ons het n Suid Arikaanse braai gehad in ons tuin en weer n troukoek ( mini) met behulp van ons groot held Remco. n Kok wat ek graag deel, want dus die moeite werd. Omdat ek nie sout ete iets was wat ek lus, het ek so uitgesien na die braai en inderdaad heerlik geeet ook :D
Alle onse vriende, familie en kennise het gekom. Ook kinders en Robin se ouma ook. Was n besonder dag. Ons geskenke het bestaan uit = baby, baby, baby en nogmaals baby geskenke. Geen ander geskenk kon ons ook gelukkiger maak.




 ( ons drie)
 ( Keck en Mas- my twee liefies)
 ( nog n keer)
 (... in Nederland ook op wit en swart)
 ( oupa Henk & ouma Marijke)
 ( ons staatmakers en andersom ook)
 ( familie)
 ( Ouma trees)

 ( JUST MARRIED)
 ( liefde...)









( Happy men : Geskenk van vriende van Robin!)

 ( LOVE)














 ( Food = happiness)










" Cherish your human connections - your relationships with family and friends."

No comments:

Post a Comment