Monday, November 13, 2017

Brood, brood en nogmaals brood... #blog4






 Vandaag voel ek my nie so lekker. Seker te besig gewees die agelope naweek. Ek het n harde maag en dit pyn n bietjie. Ek het nie eg iets eet en die baby is baie besig.
Maar ja, ek het besluit om lekker niks te doen vandaag. Ek het net n film gekyk en toe gaan shower en geprobeer om te lunch. Vanoggend het ek ook nie veel geeet. So die beste medisyne is, NIKS DOEN!

Ek het n paar foto's gemaak van dinge wat ek baie belangrik vind gedurende my swangerskap.
Natuurlik wat ek die lekkerste vind om te eet eerste. Brood, pizza was die heerlikste. Alles wat maar sout is. Liefde vir pizza het wel na n tyd weggegaan aar brood het gebly. Ek het ongelooflik min geeet die meeste tyd van my swangerskap. Later merk ek dat my liggaam behoefte aan meer ete het. Nie dat ek vir twee eet maar net n bietjie meer. Was ook maar alleen soms. Vir die hele swangerskap was dit n bietjie matig.
Ek het letterlik n soettand en dit het verdwyn die oonmlik toe ek weet ek was swanger. Niks soets was lekker! Verder was daar niks besonders wat ek lus of gelus het behalwe een iets.
n Maand gelede het ek vir Fanta n groot liefde. Na twee weke was die gevoel ook weg.
Maar die genot van brood het gebly. Ek kan die reuk van garlic nie naby my en daardoor ook bepaalde dinge nie meer gegeet. Ook vind ek slaai nie meer lekker. Dit voel of dit nie goed verteer in my maag. Groete en vrugte het ek goed geeet en ook geen moeite mee gehad in die verlede. Maar alhoewel ek dit bly eet het tydens my swangerskap, vind ik dit nie lekker. So ek hoop die gevoel is weer terug sodra die baby gebore is!


Ek het vanaf dag 1 konstant lus gehad vir sushi! Dit is erg, die gevoel is nie weg te kry. Ek eet dit natuurlik nie. As jy swanger is, is daar veel soorte visse wat jy nie mag eet. Die wat jy wel mag eet, moet heel goed gaar is, net soos vleis. So gaar dat dit nie eintlik meer lekker is. Maar dus beter as niks.
Wel, sushi is rou vis D: Ek kan nie wag vir die oomblik om weer sushi te eet!


 Ek lees baie boeke. Ek het een boek as geskenk van n vriendin gekry en die ander twee het n vriendin aan my geleen. n Nederlandse en Engelse boek. Ek het nie nodig gehad om nog self n boek te koop, want die inliging was voldoende. Ek het my ingeskryf by n tydskrif " Ouders van nu- Ouers van nou" en he elke maand n tydskrif met veel informasie gekry. Ek het ook veel op internet gelees en het n app op my iPhone.
Robin en ek was na Informasie aand/ voorligtingsaand. Ek het n borsvoedingskursus gedoen. beide was die moeite werd en leersaam. Daar was nog soveel om te doen. Maar omdat ek so lank misselik was en dit weer teruggekom het die laaste maande. Het ek gekies dat dit genoeg was. Ek het tot week 32 een keer per week geswem. Spinles wat ek ook altyd gehad het ( alleen 3-4 keer per week gedoen het) Een keer per week gedoen maar soms het ek ook nie vir 2/3 weke nie gegaan. Want na my werk was ek altyd baie moeg.
Ek het baie gestap. Ons bly in die stad, so ek het baie na die stad gestap om iets te koop vir aandete, wat ons nodig het of iets vir die baby. Ek doen dit minder en minder omdat my liggaam so swaar voel soms. Maar ek doen my bes om dit 2x week te doen. Of na n restuarant loop met Robin ipv met die fiets, bus of kar. Natuurlik moet dit ook nie te ver is.

 Robin het die boek van my gekry, in die begin van my swangerskap. Dus n boek met veel humor :)
Dus natuurlik deur n man geskryf en daarin vertel hy alles wat alle swangervroue se en wat moet manne moet antwoord of veilig is om te antwoord. Robin het baie geniet van die boek. Toe ek hom een aand vra, terwyl ek my so ongemakkelik in my liggaam voel. wat het jy nou eintlik? Ek was so ernstig. Hy moes lag en se die boek se dit ook. 

 Dit is foliensuur. Dit kan jy al or jou swangerskap drink. Tot met week 10 van jou swangerskap. Ek het dit nog nie begin drink voor ek swanger was, maar sodra ek geweet het, het my dokter my geadviseer om dit te gebruik. Dus ook goed vir die voorkoming van bloedarmoede. 
 Dit is my swangerskap vitamine. Die gebruik weer vandat ek gestop het met foliensuur. Jy kan dit gebruik ook tydens borsvoeding. Twee, een keer per dag. Daar is verskillende soorte en verskillende pryse en merke. Die was ideaal vir my want daar sit geen lactose ( melk) in.
 Ek dink letterlik dat alle olies wat jy kan kry is gebruikbaar vir jou liggaam tydens jou swangerskap. Solank jy jou liggaam soms vogtig hou!
In die begin en nogsteeds maar wat minder, het ek veel las van my vel gehad. Voel my vel skeur uitmekaar en jeuk. Dat ek so ongelukkig voel en as ons iewers uit eet, ek nie eens my ete geniet. Ek het die olie vanaf week 10 begin gebruik. Twee keer per dag en soms deur die dag as dit nodig was. Ek vind dit n bietjie duur ook omdat jy dan veel daarvan gebruik. Ek gebruik in 2 weke een bottel en my vel vra ook daarna.


 Ek het op my verjaarsdag die creme van Rituals gekry van n vriendin. Dit is ook stria ( soos almal dit ken as stretch marks) Dit reuk weer lekkerder as my olie en as ek soms iets baie mooi aantrek as ek op n date gaan met Robin. Gebruik ek dit en dan word my klere ook nie vetterig. 

Ek is altyd lief vir blomme en koop dit self en kry ook soms van Robin. My skoonmoeder gee ook graag blomme aan my as sy langs kom. Ek bederf myself ook om dit altyd te koop as ek vry is. Vanaf my swangerskap het ek elke week vir my blomme gekoop. Daar word ek bly van as by die huis kom. Alleen daardoor gee ek Robin nie die kans om blomme vir my te koop, want ons het nou altyd blomme. Veral nou dat ek op swangerskap verlof is, vind ek dit extra belangrik. Dit is die bekende Tulpe ( Nederlandse blom) kry jy in verskillende kleure.

No comments:

Post a Comment